Resepte

Gevulde varkfilet

(6 – 8 porsies)

  • 200 g vars baba-spinasieblare
  • 230 g ricotta-kaas
  • sny witbrood, gekrummel >
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • gerasperde skil van 1
  • suurlemoen
  • 3 varkfilette
  • 500 g strepiespek
  • sowat 30 ml olyfolie

Verhit oond tot 170 ºC. Plaas spinasie in groot bak en gooi kookwater oor. Laat staan sowat 5 minute. Dreineer en druk al die water uit. Kap fyn in voedselverwerker. Meng spinasie met ricotta en broodkrummels. Geur met sout en peper en voeg suurlemoenskil by. Plaas filette op werkoppervlak en sny in lengte effens oop – nie dwarsdeur nie. Skep van die vulsel in die lengte af. Maak toe. Draai spek om die filette. Sprinkel olyfolie op bakplaat en plaas filette bo-op. Oondbraai vir 35 – 40 minute. Haal uit en sny in dik skywe. Sit warm voor.