Resepte

Gevulde vars artisjokke

  • 8 groot vars artisjokke
  • 2 medium uie
  • 250 ml gerasperde parmesaankaas
  • 15 ml botter
  • 125 ml gekapte Italiaanse pietersielie
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • 2 huisies knoffel
  • 15 ml kappertjiesaad sout en vars gemaalde swartpeper

Sny die artisjokke se stele af sodat dit regop kan staan. Kook vir 20 minute in water met ’n knippie sout in. Dreineer die artisjokke en sny dit gelyk bo. Verwyder die harte (dis die sagte deel onderin die artisjok) met ’n skerp messie of lepel. Kap nou die hartgedeelte fyn saam met die kappertjiesaad, uie, knoffel en pietersielie. Braai die mengsel in ’n warm pan met die botter en helfte van die olyfolie vir so 10 minute oor ’n stadige hitte. Sit die artisjokke in ’n oondbak. Skep nou terug in uitgeholde artisjokke en verdeel die parmesaankaas net bo-op elke artisjok. Bedruip met die res van die olyfolie en suurlemoensap. Maal nog swartpeper bo-oor. Bak in ’n voorafverhitte oond van 180 °C vir sowat ’n halfuur.