Resepte

Gevulde witloof

(4 porsies as bygereg)

  • 2 groot witloof-koppe
  • 100 g portebellini sampioene (jy kan ook wit sampioene gebruik)
  • 4 repies spek, in klein blokkies gesny
  • 6 sprietuie, gekap
  • hand vol vars basiliekruid, fyngekap
  • 15 ml botter
  • 1 huisie knoffel, fyngekap
  • 4 snye camembert-kaas (gebruik die res vir vinnige happie-resep bo)
  • 100 ml room
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Stoom die witloof vir 5 minute. Laat afkoel. Sny in die lengte middeldeur. Haal nou die harde gedeelte in die middel uit (sodat jy die vulsel kan insit). Kap die sampioene fyn in jou voedselverwerker. Smelt die botter in ’n pan. Braai die spek lekker bros. Voeg die sprietuie, knoffel, sampioene en basiliekruid by. Braai vir so 5 minute. Smeer ’n oondbak met botter
en sit die halwe witloof-koppe in. Skep nou die vulsel in. Sit ’n sny camembert-kaas bo-op. Geur met sout en swartpeper. Gooi die room oor en bak in ’n voorverhitte oond teen 180 °C vir 1 uur.