Resepte

Goue-beetslaai

(6 porsies)

  • 5 goue bete, geskil en kwarte gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 30 ml heuning
  • 5 takkies tiemie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 g roketslaai
  • 200 g aspersies, vir ’n minuut in kookwater gedompel
  • 2 x 80 g crottin-bokmelkkaas
  • 50 g dennepitte
  • sap van 2 suurlemoene

Verhit oond tot 200 °C.

Pak beet op oondroosterpan. Sprinkel olyfolie, heuning, tiemie en knoffel oor.Geur goed met sout en swartpeper. Rooster in warm oond vir 30 – 35 minute of tot sag en goudbruin. Laat afkoel.

Plaas roket op opdienbord. Pak beet en aspersies op blare. Sny kaas in kwarte in pak dit tussenin. Sprinkel dennepitte en suurlemoensap oor. 

Sit voor.