FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Grenadella-en-rooibos-pons

Dié anderste soort ystee is gelaai met rooibos en grenadella se gesonde eienskappe.

genoeg vir 8

• 1 liter water
• 200 g (250 ml) suiker
• moes van 8 grenadellas
• 6 sakkies rooibostee
• 1 kg gebreekte ys
• 2 liter limonade

Plaas water, suiker en moes in middelslagpot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 – 8 minute of tot vloeistof met ⅓ verminder het. Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek die tee vir 5 – 8 minute, of langer as jy dit sterker verkies. Verwyder sakkies en laat afkoel tot yskoud. Verwerk tot puree met staafmenger. Plaas ys en koue stroop in
groot ponsbak. Gooi limonade oor en meng liggies deur. Sit voor.