sr1112kos_6_
Resepte

Griekse slaai met stamina

(6 porsies)

  • 400 g (6 sirkels) feta
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 3 eiers, liggies geklits
  • 75 g broodkrummels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • 5 tamaties, in ringe gesny
  • 1 komkommer, in ringe gesny
  • 200 g swart olywe, ontpit
  • 3 rooi-uie, in dun ringe gesny
  • 20 ml gedroogde origanum
  • slaaisous van jou keuse

Doop feta-wiele in koekmeel en dan in eier. Rol in broodkrummels en druk krummels stewig vas. Herhaal
proses met res van feta-sirkels. Verhit sonneblomolie tot warm in middelslag-pan. Plaas feta in olie en
braai tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Pak tamatie, komkommer, olywe en rooi-uie in
slaaiskottel. Plaas warm feta op slaai. Sprinkel origanum oor en sit voor met slaaisous van jou keuse.