Resepte

Groenbone met aartappel en tamatie

(6 – 8 porsies)

  • 15 ml botter
  • 1 groot ui, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g klein rosa-tamaties
  • 350 g dun groenbone, in sowat 3 cm-stukke gesny
  • 3 middelslag-aartappels geskil en in blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Smelt botter in ‘n diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en braai tot skille bars en sous uitkom. Voeg groenbone en aartappels by. Geur met sout en peper. Sit deksel op en verlaag hitte. Laat groente stoom tot aartappels en bone sag is.