Resepte

Groenboon-gruyère-en-sampioen-slaai

(genoeg vir 10)

  • 1 kg dun groenbone
  • 250 g gruyère-kaas, grofgerasper
  • 250 g wit sampioene, in dun skywe gesny
  • 180 ml olyfolie
  • 60 ml witwynasyn
  • 60 ml korrelmosterd
  • hand vol gekapte pietersielie
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Bring water tot kookpunt in ’n kastrol. Dompel die groenbone in die kookwater vir so 2 minute. Haal uit en laat afkoel. Meng die kaas en sampioene met die bone. Meng die res van die bestanddele goed saam. Gooi oor die bone en meng goed.