Resepte

Groente-kerrie

(6 porsies)

  • 2 eetlepels sonneblomolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 5 ml fyn komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • 8 middelslag-aartappels, in kwarte gesny
  • 7 ml gerasperde vars gemmer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 rooi brandrissies
  • 15 ml borrie
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 2 kaneelstokke
  • 20 g tamatiepasta
  • 1 klein blomkool, in stukke gesny
  • 1 eiervrug, in blokke gesny
  • 500 g botterskorsie, in blokke gesny
  • 3 hande vol baba-spinasieblare
  • 1 blik keker-ertjies (chickpeas)
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die oond tot 180 °C. Verhit die sonneblomolie in ‘n oondkastrol. Braai die uie saam met die komyn en koljander vir sowat 5 minute. Voeg die aartappels by en meng goed deur. Voeg die res van die speserye by en meng goed. Verdun die tamatiepasta met 200 ml water en voeg by. Die groente word een soort op ‘n slag bygevoeg. Moet nog nie die spinasie byvoeg nie. Laat vir so ‘n minuut kook. Geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol toe met tinfoelie en sit ‘n deksel op. Bak verder in die oond vir 45 minute. Kyk ná 20 minute dat die kerrie nie droogkook nie. Haal ná 45 minute uit die oond en roer die spinasie versigtig deur. 


Sit voor saam met

Bruinrys en blatjang.