Resepte

Groentesop (‘n maal op sy eie)

(8 porsies)

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 30 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 8 wortels, in blokkies gesny
  • 4 selderystokke, gekap
  • 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2 lourierblare
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • 20 g tamatiepasta
  • 2 ½ liter water
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.


Bedien saam met

Gerasperde parmesaankaas of cheddarkaas bo-oor gestrooi saam met fyngekapte pietersielie. Ook brood (van jou keuse) en botter.