Resepte

Grondboontjiebotter-kolwyntjies

Grondboontjiebotter in ’n kolwyntjie is net so ’n wenner, maar die heel lekkerste bly die versiersuiker.

(12 kolwyntjies)

  • 3 eiers
  • 175 g strooisuiker
  • 175 g bruismeel
  • 150 g sagte botter
  • 25 g grondboontjiebotter
  • 500 ml versiersuiker, gesif
  • 125 g roomkaas
  • 30 ml grondboontjiebotter
  • ekstra versiersuiker om te sif

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer ’n kolwyntjiepan met 12 papierbakkies uit. Plaas al die bestanddele in die mengbak van jou elektriese menger. Klits alles saam vir 3 – 4 minute. Skep die mengsel in die bakkies. Plaas in die warm oond en bak vir 15 minute. Laat afkoel in die pannetjie en maak intussen die versiersel. Meng die roomkaas en versiersuiker goed saam tot glad en romerig. Voeg die grondboontjiebotter by en meng goed. Sny die boonste deel van die kolwyntjie af en sny dit dan in twee – die kolwyntjies gaan soos skoenlappers lyk. Smeer van die versiersel bo-op die kolwyntjie en druk die twee gesnyde dele bo-op. Sif versiersuiker bo-oor.