Resepte

Grondboontjiebotterkoekies – kinders bak self

Ongeveer 20 koekies

  • 25 g botter
  • 100 g grondboontjiebotter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 1 eier, geklits
  • 3 ml vanieljegeursel
  • 240 g (430 ml) meel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 75 ml melk (jy sal miskien nog ’n bietjie nodig hê)
  1. Laat Mamma of Pappa die oond tot 190 °C verhit.
  2. Gebruik ’n elektriese menger en meng die botter en grondboontjiebotter saam.
  3. Gooi die bruinsuiker bietjie vir bietjie by.
  4. Klits die mengsel goed elke keer nadat jy suiker bygevoeg het.
  5. Gooi die eier en vanieljegeursel by en klits goed.
  6. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n aparte mengbak.
  7. Roer die twee mengsels bymekaar.
  8. Gooi die melk by en knie die deeg goed. (Gebruik nog ’n klein bietjie melk as die deeg vir jou droog lyk.)
  9. Vorm met jou hande klein balletjies van die deeg en sit hulle op ’n gesmeerde bakplaat.
  10. Druk hulle ’n bietjie plat met die onderkant van ’n vurk.
  11. Bak vir 10 – 12 minute teen 190 °C.
  12. Haal versigtig uit – pasop vir brand, dalk moet Mamma of Pappa liewer help – en laat afkoel.