sk08_4slaai06
Resepte

Haloumi-kaas-en-tamatiebroodslaai

(4 porsies)

  • 8 snye Franse brood, sowat 2 cm dik
  • 100 ml olyfolie
  • 300 g haloumi-kaas, in dun skywe gesny
  • 4 groot rooi tamaties
  • 400 g klein rooi rosa-tamaties
  • 400 g klein geel kersietamaties
  • handvol vars basiliekruidblare
  • sowat 10 baba-spinasieblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die Franse brood op ’n bakplaat en sprinkel 30 ml van die olyfolie oor. Rooster vir sowat 10 minute. Verhit die res van die olyfolie in ’n pan. Braai die haloumi-kaas vir sowat 2 minute aan elke kant. Plaas op kombuispapier om te dreineer. Rangskik al die bestanddele op ’n bord. Geur met sout en swartpeper en sprinkel die sous oor.

Sous

  • 100 ml olyfolie
  • 40 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 5 ml korrelmosterd
  • 2 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die bestanddele goed saam.

Om te drink
Haloumi-kaas kom oorspronklik van Griekeland. As jy ’n Griekse wyn in die hande kan kry, sal dit ’n unieke ervaring wees.