Resepte

Hamburger met avokadopeer en spek

(4 porsies)

  • 500 g maalvleis (beesvleis)
  • 4 sprietuie, fyngekap
  • 50 ml Worcestersous
  • 1 eier
  • 10 ml sout
  • 12 draaie swartpeper
  • vars blare van jou keuse
  • vars tamatie
  • rooi ui in ringe gesny
  • agurkies
  • 4 repies repiespek
  • avokadopeer in skywe
  • 4 broodrolletjies

Meng die maalvleis, uie, Worcestersous, eier, sout en peper saam. Vorm 4 dik frikkadel- letjies. Verhit olie in ’n pan en braai die koekies oor ’n stadige hitte. Sit eerste die blare, tamatie, uie en agurkie op die broodrolletjie. Haal die frikkadelletjies uit die pan en braai die spek vinnig in dieselfde pan. Plaas die frikkadelletjie bo-op, dan die spek en daarna ’n lekker dik skyf avokadopeer.

Sit voor met
Doen dit behoorlik! Drink ’n Coke saam met die burger.