Resepte

Happiegroot braaibroodjies

(6 porsies)

• 500 g winkeldeeg
• 3 klein tamaties, in ringe gesny
• 1 klein ui, in ringe gesny
• 200 g cheddarkaas, in skywe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 80 ml perskeblatjang

Verhit oond tot 180 ˚C. Verdeel deeg in 80 g-porsies en plaas in klein 10 x 4 cm-broodpannetjies. Laat rys tot dubbel in volume op warm plek. Sit in warm oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel. Sny broodjies in dun snye. Pak kaas, tamatie en uie op een helfte van broodsnye. Geur goed met sout en peper. Smeer ’n klein bietjie blatjang op die ander snye brood en plak toe. Verhit riffelpan tot warm en braai broodjies sowat 2 – 3 minute per kant of tot goudbruin en kaas gesmelt. Sit voor met yskoue bier.

Wenk: As jy nie lus is om jou eie brood te bak nie of min tyd het, kan jy winkelbrood in kleiner porsies sny.

  • Riekie Nel

    Om op die een helfde bietjie grondboontjiebotter te smeer, is ‘n heerlike nuwe geur. Pasop vir te dik smeer, kan oorweldigend wees. Klein bietjie chillie-smeer, komplimenteer grondboontjiebotter, bring geur na vore.