Resepte

Happiegrootte koek

(12 porsies)

  • 1 x boks witkoek (ek verkies Ina Paarman s’n)
  • 125 ml room
  • 100 g witsjokolade, grofgekap
  • 100 g pistasieneute, gekap
  • eetbare sneeuvlokkies (besoek www.nicoletta.co.za)

Verhit oond tot 180 ˚C. Maak deeg vir koek aan volgens aanwysings op boks. Verdeel mengsel tussen happiegrootte motiefpanne. Bak vir 10 – 12 minute of tot goudbruin en gaar. Bring room tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Laat afkoel. Plaas koekies op opdienbord en gooi sjokoladesous oor. Sprinkel pistasieneute en sneeuvlokkies oor. Sit voor.

Wenk: As jy nie so ‘n pan met vorms kan kry nie, kyk by jou naaste supermark vir kolwyntjiepanne waarvan die holtes happiegrootte is. Daar is gewoonlik 24 in een pan. Een holte het ‘n volume van 35 ml.