sr1108weeks_etes_6_
Resepte

Herderspastei

Maklik en vinnig!

8 porsies

• 6 aartappels, geskil
• 60 ml botter
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 eier, liggies geklits
• 1 x bolognaise-basisresep

Verhit oond tot 200 °C. Sny aartappels in growwe stukke en plaas in ’n groot pot vol water.Kook oor hoë hitte tot aartappels sag en gaar is. Dreineer. Voeg botter by en druk fyn met ’n aartappeldrukker. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel maalvleis tussen 8 oondvaste bakkies of sit in een groot bak. Skep kapokaartappels bo-op en verf met geklitste eier. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.