Resepte

Herman se grootword-sjokoladekoek

(8 – 10 porsies)

  • 130 g (140 ml) botter
  • 275 ml water
  • 45 g kakaopoeier
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 400 g (475 ml) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 125 ml karringmelk
  • 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap botterversiersel
  • 500 g sagte botter
  • 650 g versiersuiker, gesif
  • 45 ml kakaopoeier
  • 10 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 160 °C. Plaas botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Voeg kakao by en meng. Sif meel, koeksoda en suiker saam. Meng eiers, karringmelk en vanieljesaadjies. Voeg botter en
karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Spuit twee koekpanne van sowat 20 cm in
deursnee met kleefwerende kossproei. Voer uit met bakpapier en spuit weer. Verdeel beslag eweredig tussen panne. Bak 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat in pan afkoel vir 10 minute, keer uit op afkoelrak en laat heeltemal afkoel. Sny elke koek in 2 lae (sien stap vir stap).

Botterversiersel: Room botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg suiker, kakao en vanielje by.
Meng goed. Plaas eerste laag koek op bord. Skep ¼ van versiersel op koek en versprei eweredig met slaplemmes. Plaas tweede laag bo-op en herhaal proses tot al die lae klaar is. Skep laaste versiersel op boonste laag. Sit voor.

Wenk
Verdeel beslag tussen 12 holtes van standaard-kolwyntjiepan. Bak tot net gaar vir baksel maklike kolwyntjies.

* NÓG DROOM-SJOKOLADEKOEKE: In jou Februarie 2012-uitgawe (vanaf Maandag 16 Januarie 2012 te kry) deel Herman sy 7 beste sjokoladekoek-resepte. Jy kán dit nie misloop nie!!!

  • Betsie

    Lekker eet

  • Wilma du Toit

    Ek het die koek gebak en dit het omtrent niks gerys.Wil net weet of dit is omdat daar geen bakpoeier in die koek is.Ek het 3 eiers in plaas van 2 gebruik en met dit het die koek ontrent niks gerys.Sal graag wil weet as ek self raising gebruik in plaas van koekmeelblom of dit nie beter sal werk?

  • Al

    Het al soveel van die koek resepte probeer en dit werk GLAD nie – so frustrerend!! Kan Herman en Barbara regtig bak???