Resepte

Heuning-en-mosterd-slaaisous

  • 125 ml wit balsemasyn
  • 75 ml heuning
  • 75 ml olyfolie
  • 15 ml korrelmosterd
  • 2 ml sout

Voeg al die bestanddele saam in ’n bottel en skud goed. As jy dit vir ’n aartappelslaai wil gebruik, kook die aartappels sonder skil tot sag. Dreineer die aartappels en gooi die slaaisous oor terwyl hulle nog warm is. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en laat afkoel.