Resepte

Heuning-en-vyekoek

  • 500 g droëvye
  • 200 g botter
  • 175 g strooisuiker
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • 4 eiers, geskei
  • 225 g meel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 100 ml heuning
  • sowat 50 ml
  • ekstra heuning om bo-oor te gooi

Voer ’n 23 cm-losboom-koekpan met bakpapier uit. Smeer of spuit die pan goed met ’n kleefwerende kossproei. Verhit oond tot 180 °C. Rangskik die vye onder in die pan. Klits die botter en suiker in ’n elektriese menger tot glad en romerig. Gooi die gerasperde skil by en meng goed. Voeg die eiergele by en klits die mengsel goed. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam. Gooi by die bottermengsel en meng dit goed deur. Klits die eierwitte styf en vou die geklitste eier versigtig in. Skep die deeg oor die vye en bak in die oond vir 1 uur 15 minute. Net voor jy die koek uit die oond haal, verhit die 100 ml heuning effens. Wanneer die koek gaar is, haal uit en gooi die warm heuning dadelik oor. Laat staan vir so 15 minute in die pan voor jy die koek uitkeer. Gooi die ekstra 50 ml heuning oor die koek net voor jy dit voorsit. Daarmee saam kan jy mascarpone-kaas of styfgeklopte room voorsit.