sk1003groente05
Resepte

Heuning-geroosterde knolgroente

(6 porsies)

  • 6 witwortels
  • 5 rape, gehalveer
  • 12 klein wortels, geskil
  • 7 baba-bete, geskil
  • 6 preie, punte bo en onder afgesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars tiemietakkies
  • 250 ml olyfolie
  • 100 ml heuning

Verhit oond tot 180 °C. Plaas groente in ‘n oondroosterbak en geur met sout en swartpeper. Voeg tiemie by en gooi olyfolie en heuning oor. Bedek met foelie. Oondrooster vir so 30 minute.
Haal foelie af en oondrooster vir nog 40 minute tot sag.

Sit voor saam met: Oondgeroosterde lamsboud