sr0912kos_9_
Resepte

Heuninggebakte beetslaai met korrelmosterd-sous

  • 15 ml olyfolie
  • 20 ml heuning
  • 4 tiemietakkies
  • 12 baba-bete, geskil en blare kort afgesny
  • 1 pak gemengde slaaiblare van jou keuse
  • 120 g suiker-ertjies (sugar snap peas), in kookwater gedompel
  • 50 g fetakaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

slaaisous

  • 20 ml korrelmosterd
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml vars gemmer, fyngerasper
  • 30 ml witwyn-asyn
  • 80 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Meng al die slaaisous-bestanddele. Verhit oond tot 180 ˚C. Meng olyfolie, heuning en tiemie. Plaas beet op bakplaat en gooi mengsel oor. Bak vir 25 tot 30 minute
tot sag en gekaramelliseer. Meng beet met slaaiblare, suiker-ertjies en feta. Geur met sout en swartpeper. Gooi slaaisous oor.

Om te drink
De Grendel Rubaiyat 2006