Resepte

Heuningwortels

(6 porsies)

  • 500 g baba-wortels, geskil
  • 80 ml botter
  • 80 ml heuning
  • 45 ml bruinsuiker

Bring pot met water tot kookpunt en voeg wortels by. Laat vinnig kook vir 5 minute en dreineer. Smelt botter, heuning en bruinsuiker saam in ‘n mediumgroot pan. Laat stadig prut tot ligte karamel vorm. Voeg wortels by en braai stadig in die karamel vir sowat 5 minute. Sit warm voor.