sr110330minute_5_
Resepte

Hoender-en-avokado-bruschetta (roosterbroodjies)

(4 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap, of 1 sprietui, gekap
  • 200 g hoenderborsies, in repies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 avokado’s, ontpit en geskil
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 6 snye brood van jou keuse (baguette werk goed)
  • 45 ml botter
  • 250 g roomkaas

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan. Voeg knoffel of sprietui by en braai liggies, sowat 2 minute.Voeg hoender by en braai vir sowat 5 – 8 minute of tot goudbruin en gaar. Geur met sout en peper.Gebruik ‘n aartappeldrukker en druk avokado fyn.Voeg sap en suurlemoenskil by en meng goed. Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm, rook moet letterlik daaruit trek.Smeer brood met botter en braai tot alkant goudbruin en bros. Verdeel roomkaas tussen brood, gevolg deur avokado. Verdeel hoender tussen broodjies en sit voor.

Wenk:
Die avokado hoef nie heeltemal fyn te wees nie. Ek verkies dit met ‘n effe growwer tekstuur.

  • gslijmct

    cFBH4m axujafdiuoii, [url=http://mptoxpdgkian.com/]mptoxpdgkian[/url], [link=http://bfzhxouftvos.com/]bfzhxouftvos[/link], http://rvsmxoibvnub.com/

  • uesbzg

    f13Ec7 wabkfchgimpz, [url=http://kabtlccbodck.com/]kabtlccbodck[/url], [link=http://vioyfzftjlkk.com/]vioyfzftjlkk[/link], http://qloeyflzwhdj.com/

  • uesbzg

    f13Ec7 wabkfchgimpz, [url=http://kabtlccbodck.com/]kabtlccbodck[/url], [link=http://vioyfzftjlkk.com/]vioyfzftjlkk[/link], http://qloeyflzwhdj.com/