Hoender-en-fetakaasgebak

FOTO Willem Lourens

Resepte

Hoender-en-fetakaasgebak

Die feta sorg vir ’n heerlike geur.

genoeg vir 4

45 ml olyfolie
8 ontbeende hoenderdye, vel verwyder
1 ui, in skywe gesny
1 groen soetrissie, in dun repe gesny
1 geel soetrissie, in dun repe gesny
1 x 400 g-blik gekapte tamaties sout en varsgemaald swartpeper
4 wiele fetakaas handvol vars basiliekruidblare

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in ’n diep pan. Braai hoender tot weerskante goudbruin en haal uit pan. Braai ui, en groen en geel soetrissie 5 minute in dieselfde pan. Voeg tamaties by en plaas deksel op. Verlaag hitte tot matig en prut sowat 10 minute. Geur met sout en peper. Sit hoenderdye in sous en skep sous oor hoender. Krummel fetakaas bo-oor. Plaas in warm oond en bak 15 minute.

Sit voor met romerige polenta.

Lees ook

Geroosterde hoender met broodkrummel-en-pietersielie-vulsel

Tamales – mielie-en- hoender-pakkies

Tamatie-en-feta-slaai