skm1005.30min.sosaties
Resepte

Hoender-en-sampioen-kebabs

(4 kebabs)

  • 4 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 250g klein bruinsampioene
  • 4 bamboes-kebabstokkies, in water geweek
  • 45ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15ml origanum, grofgekap
  • 1 suurlemoen se sap en skil
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Ryg hoender en sampioene om die beurt op die kebabstokkies. Meng olyfolie, knoffel, origanum en suurlemoenskil en -sap. Gooi dit oor die kebabs en geur goed met sout en swartpeper. Verhit ‘n riffelpan tot rokend warm. Braai kebabs vir 10 – 15 minute en draai hulle elke 5 minute om. Verf marinade oor terwyl hulle braai. Sit warm voor. Die hoender is gaar sodra dit wit is tot teenaan die kebabstokkie.