Resepte

Hoender in rooiwyn

(4 porsies)

  • 1 hoender, in stukke gesny
  • 500 ml rooiwyn
  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 250 g repiespek, in blokkies gesny
  • olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Laat die hoender vir 4 uur in die rooiwyn marineer. Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal uit die rooiwyn en droog effens af met kombuispapier. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n kasserol en braai die hoender bruin. Voeg die repiespek by en braai vir nog 10 minute. Voeg die ui-kwarte en die rooiwyn, waarin die hoender gemarineer is, by die kasserol. Geur met sout en swartpeper. Sit in ’n warm oond vir 1½ uur. Dien op saam met ’n Franse brood.