Resepte

Hoender-masala

  • 30 ml (2 eetlepels) botter
  • 4 kardemomsade
  • 6 naeltjies
  • 1 ui, in dun skywe gesny
  • 2 eetlepels gekapte knoffel
  • 2 rooi brandrissies, gekap
  • 30 ml (1 eetlepel) garam-masala
  • sout na smaak
  • 5 ml witpeper
  • 30 ml borrie
  • 1 eetlepel vars gemmer in repies gesny
  • 8 hoenderagterboudjies, vel verwyder
  • 3 eetlepels geblikte tamatie
  • bietjie water

Braai die ui in die botter in ’n swaarboom-kastrol tot sag. Voeg die kardemom, naeltjies, knoffel, brandrissies, masala, borrie en gemmer by. Braai vir so 5 minute. Voeg die hoenderborsies by en braai tot bruin. Nou kan jy die tamatie byvoeg. Die hoeveelheid water gaan afhang van hoe droog die storie is. Voeg so 100 ml by. Laat kook bo-op die stoof tot die hoender gaar is. As dit te droog word, voeg nog water by.