Resepte

Hoender, sampioene en feta pizza

(4 – 6 porsies)

  • 6 x gekoopte pizzakors
  • 1 x tamatie-smeersous (tamatie-smeersous)
  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml botter
  • 250 g spek, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 4 hoenderborsies, in repies gesny
  • 250 g wit sampioene, gesny in 3
  • 200 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 1 x 250 g-bottel rosyntjietamaties in olie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 200 g-houer basiliekruidpesto

Verhit oond tot 220 ˚C. Plaas 6 x kors op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende sproei.Smeer tamatiesmeersous op elkeen. Verhit olyfolie en botter in ‘n mediumgroot pan en braai spek vir 3 minute.Voeg knoffel en hoenderrepies by. Braai vir 5 – 8 minute of tot goudbruin en byna gaar. Voeg sampioene by en braai verder vir nog 5 minute.Verdeel mozzarella en gaar hoendermengsel tussen pizzas en sprinkel rosyntjietamaties oor.Geur goed met sout en swartpeper. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met basiliekruidpesto.