Resepte

Hoenderaftreksel

Vir 2 ½ liter hoenderaftreksel

  • 1 heel hoender, met vel
  • 1 ui – hou die skil aan en sny in kwarte
  • 3 groot wortels, in groot stukke gesny
  • 3 – 4 lourierblare
  • 2 selderystingels met blare, in groot stukke gesny
  • 1 bouquet garni
  • 20 ml sout
  • 6 swartpeperkorrels
  • 3 liter water

Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en kook stadig vir 3 ure. Bedek die kastrol tydens die kookproses. Gooi die aftreksel hierna deur ’n sif. Jy kan natuurlik die aftreksel dadelik gebruik, terwyl dit nog warm is, maar as jy dit wil vries, moet dit eers heeltemal afkoel.

 

Hoe lank kan ek hoenderaftreksel vries?
Nie langer as 3 maande nie. Vries die aftreksel in klein plastiekbakkies wat goed seël.

 

Bouquet garni
My bouquet garni is ’n bondeltjie vars kruie vasgebind met tou. Dit bestaan uit vars pietersielie, vars salieblare, vars tiemietakkies en vars origanum