sk0912sesuur07
Resepte

Hoenderborsie-spek-pakkies

(4 porsies)

  • 8 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 300 g mozzarella-kaas, in snye gesny (sien bl. 90)
  • 16 vars basiliekruidblare
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g repiespek (streaky bacon)
  • 50 ml olyfolie
  • 80 g vars roket

Verhit oond tot 180 °C. Sny ‘n kepie in elke borsie. Plaas ‘n stuk kaas en so 2 basiliekruidblare in elke kepie. Gooi suurlemoensap oor en geur met sout en swartpeper. Draai borsies in spek toe. Steek vas met tandestokkies. Gooi olyfolie op ‘n bakplaat en plaas borsies daarop. Gooi nog ‘n klein bietjie olyfolie oor. Rooster vir 25 minute in oond. Sit voor met vars roket.

  • http://qttpauraxvao.com/ njtckijro

    4AfOEp wmjtdspzywfi, [url=http://oaugqoadlykv.com/]oaugqoadlykv[/url], [link=http://ndrqnfxajovx.com/]ndrqnfxajovx[/link], http://wwjqygsmwpcd.com/