sk1010.6uur1
Resepte

Hoenderborsies gebak in papier

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 4 (500 g) hoenderborsies
  • bakpapier
  • 200 g groenboontjies
  • 200 g fetakaas, in growwe stukke gebreek
  • sap en skil van 4 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit ‘n riffelpan tot vuurwarm. Sprinkel olyfolie oor hoenderborsies en verseël in warm riffelpan – sowat 1 minuut per kant. Maak papiersakkies van bakpapier: Vou ‘n reghoek van 45 cm lank in die helfte. Vou nou die 2 kort kante 4 keer om, elk 1 cm per vou. Druk stewig vas en plaas op bakplaat. Verdeel groenboontjies tussen 4 sakkies gevolg deur feta-stukke. Plaas ‘n hoenderborsie bo-op elkeen. Druk suurlemoensap bo-oor uit. Geur goed met sout en swartpeper. Vou die laaste oop kant toe net soos die ander 2 kante. Bak vir 15 – 20 minute of tot hoender gaar is. Skeur warm sakkies oop en sit voor.

Wenk: Jy kan alles voor die tyd maak en in jou yskas hou.