Resepte

Hoenderboudjie-konkoksie op die kole

  • 30ml olyfolie
  • 15 hoenderboudjies
  • 1 pakkie (500g) baba-uie
  • 6 heel knoffelhuisies
  • 1 blik (410g) gekapte tamatie
  • 30ml blatjang
  • 2 blikkies (330ml elk) bier
  • 5ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pakkie (500g) babaaartappels

Wanneer julle by die kampterrein aankom, los alles en kry eers die vuur aan die gang. Wanneer jou kole reg is – dit kan nog taamlik warm wees – sit jy die potstaander op die kole. Verhit olyfolie in ‘n lekker groot plat pan. Braai die hoenderboudjies tot bruin (die hitte in die middel van die pan is die hoogste, so beweeg die hoenderboudjies rond terwyl dit braai). Voeg die uie by
en braai vir nog sowat 15 minute. Voeg die knoffelhuisies, tamatie, blatjang en bier by. Geur met gemengde kruie en sout en swartpeper. Voeg aartappels by. Laat kook oor die kole totdat aartappels sag is. Dit sal so 45 minute neem.