Resepte

Hoenderlewer-bruschetta

(6 porsies)

Bereiding 5 minute
Braai 8 – 10 minute

Wie wil hierdie tyd van die jaar ure lank in die kombuis wees? Nou’s dit ideaal om hoenderlewers in die pan as hoofgereg voor te sit.

  • 500 g hoenderlewers
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 12 rosa-tamaties
  • 2 hande vol roket
  • 12 snye ciabatta-brood, gerooster
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Verhit 2 eetlepels van die olyfolie in ’n pan. Plaas die tamaties in ’n oondbak en sprinkel die res van die olie oor. Bak die tamaties vir 8-10 minute teen 180 °C – net tot die velletjies begin bars. Braai intussen die hoenderlewers vir 8-10 minute in die pan, en geur met sout en swartpeper. Plaas 2 snye geroosterde ciabatta op elke bord en sit roket bo-op. Verdeel die hoenderlewertjies en sit 1 tamatie bo-op.
Jy kan nog olyfolie oorsprinkel as jy dit voorsit.