chicken_liver_pate_a
Resepte

Hoenderlewer-patee met portjellie

12 porsies

Portjellie

  • 300 ml port
  • 4 gelatienvelle

Patee

  • 250 g gesoute botter
  • 6 preie, in skyfies         gesny en gewas
  • 500 g hoenderlewers
  • hand vol tiemie
  • 75 ml konjak of  brandewyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • groot tros swart druiwe, gehalveer en ontpit

Verhit port oor lae hitte. Week gelatienvelle vir ’n paar minute in koue water en voeg by die port. Roer tot gelatien heeltemal gesmelt is. Haal van hitte af. Smelt helfte van botter in ’n pan en braai preie daarin tot sag. Voeg lewertjies by, en stroop tiemieblare van takkies. Voeg blare by. Kook sagkens (jy wil die lewers nog pienk in die middel hê). Voeg konjak by. Haal van hitte af. Voeg res van botter by. Verwerk mengsel in jou voedselverwerker tot heeltemal glad. Geur met sout en swartpeper. Skep in ’n gesmeerde erdebak. Rangskik druiwe-helftes bo-op. Skep afgekoelde portjellie bo-oor en  verkoel oornag in die yskas. Dis ’n baie luukse voorpartytjie-versnapering!