sk1010.5_1.5
Resepte

Hoenderpasta

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 blikke (400 g elk) kersietamaties
  • 4 ontbeende hoenderborsies (sonder vel), in repe gesny
  • 1 pak spaghetti
  • en sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit helfte van die olyfolie in ‘n kastrol. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Laat oop prut vir sowat 1 uur. Verhit res van olyfolie en braai hoenderstukkies tot bruin en gaar. Geur met sout en peper. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng hoender met sous en meng deur pasta.

ekstra
Sit voor saam met gerasperde pecorino of parmesaankaas.

  • dmtiyfbe

    SjUPCr jgcdyibrljba, [url=http://tybtjogbugjl.com/]tybtjogbugjl[/url], [link=http://ujrmyakneqjt.com/]ujrmyakneqjt[/link], http://rxssscdtdvnq.com/