sr1110eenresept5etes_4_
Resepte

Hoenderslaai

6 porsies

• 6 eiers
• 1 klein komkommer, grofgerasper
• 250 ml ongegeurde jogurt
• 2 knoffelhuisies, gekap
• sap van 1 suurlemoen
• 30 ml kruisement, gekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 45 ml olyfolie
• 6 snye brood, in blokkies gesny
• 2 koppe langblaarslaai (cos)
• 1 x hoender van been gevlok

Bring pot met water tot kookpunt. Plaas eiers in water en kook 5 minute vir sagte eiers of langer soos jy verkies. Laat afkoel, dop af en sny in helfte. Voeg komkommer by jogurt en meng. Voeg knoffel, sap en skil van suurlemoen en kruisement by en meng goed. Geur met sout peper. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en voeg broodblokkies by. Braai tot goudbruin. Plaas slaaiblare in opdienbak. Sprinkel hoender, eiers en broodblokkies oor. Skep jogurt-mengsel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.