Foto deur Micky Hoyle- SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle- SARIE KOS JUN/JUL 2012

Pluimvee

Hoendersop

My ma het altyd gesê as jy effens olik voel, moet jy hoendersop eet.

(6 – 8 porsies)

  • 1 heel hoender
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groot wortels, in ringe gesny
  • 1 selderystingel, in skyfies gesny
  • 3 preie, in ringe gesny
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 2 lourierblare
  • 3 vars takkies tiemie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in oondbraaibak en gooi 30 ml van die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai 1½ uur. Wanneer jy die tinfoelie afhaal, sal jy sien die hoender het sy eie lekker sous gemaak. Moet dit nie weggooi nie. Verhit die oorblywende 15 ml olyfolie in ’n groot kastrol en braai ui, knoffel, wortels, seldery en preie tot sag en deurskynend. Voeg tamaties, aftreksel, lourierblare en tiemie by en geur met sout en peper. Plaas heel hoender en al die sous in kastrol met groente. Maak toe met deksel en bring tot kookpunt. Verlaag dan die temperatuur en laat prut 30 minute. Haal hoender uit en verwyder bene en vel. Breek hoender in groot stukke en voeg terug by sop. Laat net sowat 10 – 15 minute weer prut en sit warm voor.