sarie_kook_eposode_21
Resepte

SARIE KOOK! Hoendersosaties

(9 sosaties)

  • 16 ontbeende hoenderdye, sonder vel
  • 250 ml mayonnaise
  • 1 x 410 g-blik KOO-appelkose, verpulp
  • 250 ml Bulgaarse jogurt
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml olyfolie

Sny elke hoenderdy in die helfte. Meng mayonnaise, verpulpte appelkose, jogurt, knoffel, koljander en brandrissie saam. Geur met sout en peper. Gooi oor hoender en laat marineer vir minstens 1 uur. Verhit oond tot 200 °C. Ryg so 6 stukke hoender op ’n stokkie. Gooi helfte van olyfolie op ’n bakplaat en plaas sosaties bo-op. Gooi res van olyfolie oor en rooster in warm oond vir sowat 45 minute. Draai halfpad deur die gaarmaaktyd die sosaties om.

Wenk Week hout-sosatiestokkies vir sowat 3 uur in koue water om te keer dat die stokkies brand.