sr1111hoofkos_8_
Resepte

Hoenderterrien-pastei

Jy kan dié een ook sonder die kors maak. Dis lekker saam met slaai vir ’n ligte middagete.

8 – 10 porsies

• 250 g spek, fyngekap
• 350 g varkmaalvleis
• 100 g Kasselse spek, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• hand vol koljander, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 125 g hoenderlewers
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g pistasieneute
• 1 x 400 g-rol blaardeeg
• 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180°C. Plaas spek, maalvleis, Kasselse spek, ui, koljander, knoffel en hoenderlewers in voedselverwerker. Verwerk tot gladde mengsel en geur goed met sout en swartpeper. Roer pistasieneute by. Voer ’n broodpan van 30 x 10 cmmet kleefplastiek uit. Voer broodpan in breedte met blaardeeg uit en laat sowat 5 cm weerskante oorhang. Die onderste twee kort kante van die pan hoef nie uitgevoer te word nie. Skep maalvleismengsel in uitgevoerde pan en vou deeg wat oorhang bo-oor. Verf met geklitste eier. Plaas in warm oond en bak vir 60 tot 90 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel in yskas. Sit voor met tamatieblatjang.

  • Mari White

    Net ‘n vraag (weet nie of ek verkeerd lees of verstaan nie), maar mens kan mos nie kleefplastiek in die oond sit nie………..die resep se "Voer ’n broodpan van 30 x 10 cmmet kleefplastiek uit."