Resepte

Imambaldi (gevulde eiervrug)

  • 6 eiervrugte
  • 50 ml olyfolie
  • 2 rooiuie, fyngekap
  • 4 tamaties, opgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol pietersielie, fyngekap
  • 4 tamaties, in skywe gesny
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml olyfolie

Halveer die eiervrugte en skep die saad en kerngedeelte uit. Kap die stukke eiervrug wat jy uitgehaal het, grof op. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die uie en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die gekapte tamatie en eiervrug by en laat kook vir 30 minute. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Roer die gekapte pietersielie deur. Plaas die uitgeholde eiervrug-helftes in ’n groot oondbak. Skep die eiervrugmengsel binne-in elke eiervrug-helfte. Plaas 2 snye tamatie bo-op elke eiervrug. Vul die bak met water tot die eiervrugte halfpad bedek is. Sprinkel die 60 ml olyfolie oor en plaas in ’n warm oond teen 180 °C. Bak vir 30 – 40 minute tot sag. Laat in die water afkoel en haal uit. Sit koud voor.