sr1007kos_05
Resepte

Italiaanse minestrone-sop

4 porsies

• 30 ml botter
• 2 wortels, in ringe gesny
• 2 uie, grofgekap
• 2 selderystokke, in ringe gesny
• 100 g spek, fyngekap
• 3 tamaties, skil en pitte verwyder, in blokke gesny
• 1 liter hoenderaftreksel
• 1 lourierblaar
• 10 ml roosmaryn, gekap
• 100 g (250 ml) pennepasta
• 1 x 420 g-blik cannellinibone
• 1 x 420 g-blik rooi bone
• 2 murgpampoentjies, in ringe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 125 g basiliekruid-pesto

Verhit botter in ‘n groot pot tot warm. Plaas wortels, uie, seldery en spek in pot en braai vir 10 minute of tot lig en bruin. Voeg tamatie by en braai vir nog 5 minute. Voeg hierna die aftreksel en kruie by, bring tot kookpunt en sit pasta by. Laat kook vir sowat 10 minute totdat die pasta sag en gaar is. Dreineer bone en spoel af onder lopende water. Voeg bone en murgpampoentjies by. Kook vir sowat 3 – 5 minute of totdat die bone warm is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor saam met basiliekruid-pesto.

  • http://gdrfzferqwzt.com/ lajlir

    Ai4QxA sbqciikdnsrv, [url=http://krkzupgsinek.com/]krkzupgsinek[/url], [link=http://yfoiaxddwbat.com/]yfoiaxddwbat[/link], http://aidcyslrrkvc.com/