sr1209hoofkos
Resepte

Jogurt-forel op kekerertjie-slaai

Genoeg vir 6

  • 500 ml ongegeurde jogurt
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 30 ml droë korrelmosterd
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 45 ml heuning
  • hand vol koljander, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 x 100 g vars forel-porsies
  • 1 klein stukkie houtskool (charcoal)
  • 30 ml botter, gesmelt

Meng jogurt, rissies, mosterd, knoffel en heuning in ’n mengbak. Voeg koljander, sap en skil van suurlemoen by.Meng en geur goed met sout en swartpeper. Plaas forel in ’n plat bak en gooi marinade oor.Maak seker die forel is heeltemal bedek. Steek ’n stukkie houtskool oor ’n oop vlam aan die brand en plaas in ’n metaalbakkie. Plaas bakkie met houtskool binne-in plat bak met vis.

Gooi botter oor die kooltjie en maak bak dadelik toe met foelie. Laat marineer in yskas vir 3 uur.Verhit oond tot 220 °C. Haal vis uit marinade en skud ekstra marinade af. Plaas op gesmeerde bakplaat. Bak vir 12 – 15 minute of tot net gaar. Sit voor saam met kekerertjie-slaai.