Resepte

Johann de Wet se salm-en-aartappelslaai

(4 – 6 porsies)

  • 250g crème fraîche
  • 45ml olyfolie
  • 1 suurlemoen se sap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pak (70 g) gemengde slaaiblare van jou keuse
  • 200g aspersie-punte, in kookwater gedompel
  • 400g baba-aartappels, geskil en gaargekook
  • 1 avokado
  • 400g gerookte salm-filet
  • sowat 50g gevlokte amandels

Meng crème fraîche, olyfolie en suurlemoensap. Geur met sout en swartpeper. Hou eenkant. Plaas slaaiblare op ‘n opdienbord. Pak aspersies bo-op, gevolg deur babaaartappels. Sny avokado in dun skyfies en plaas op slaai. Breek gerookte salm in growwe stukke, rangskik bo-op slaai en sprinkel amandels oor. Gooi crème fraîche-sous oor en sit voor met suurlemoenskyfies. Kyk by jou naaste supermark vir die gerookte salm. Dis gegeur met dille en gereed vir gebruik.