Resepte

Jong-ertjie-sop met appelkoos-bolaag

(6 porsies)

Bolaag

  • 375 ml sterk rooibos
  • 1 stuk (25 mm) vars gemmerwortel, geskil en grofgekap
  • 25 ml sagte bruinsuiker
  • 100 g droë-appelkose

Sop

  • 2 preie, goed gewas en in dun skyfies gesny
  • 30 ml olyfolie
  • 2 vet knoffelhuisies, gekneus, geskil en fyngemaak
  • 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 30 ml matige kerriepoeier
  • 250 ml matige sterk rooibos
  • 750 ml groente-aftreksel
  • 1 kg bevore jong-ertjies (petits pois)
  • 250 ml room
  • 25 ml heuning
  • sout en rooipeper na smaak

Begin met die bolaag Jy kan dit ‘n paar dae vooraf berei. Skep die tee, gemmer en suiker in ‘n klein kastrolletjie en verhit oor lae hitte. Roer totdat suiker opgelos is. Voeg appelkose by, sit die deksel op en laat prut vir minstens 30 minute oor lae hitte totdat appelkose uitgeswel en sag is. Laat afkoel en verpulp tot glad. Vryf die mengsel deur ‘n sif, skep in ‘n geskikte houer, bedek met kleefplastiek dig teen die oppervlak en plaasin die koelkas tot benodig. Maak die sop Braai preie in die olie in ‘n groot kastrol oor lae hitte totdat die preie sag is. Roer knoffel en suurlemoenskil by, verhoog hitte en roerbraai 1 minuut lank. Strooi kerriepoeier oor en roerbraai. Voeg deurgaans bietjies van die tee by om te keer dat mengsel aanbrand. Voeg res van die tee en 250 ml van die aftreksel by, verhit tot kookpunt, verminder die hitte na matig en prut vir 10 minute. Skep res van die aftreksel by die kerriemengsel en verhit tot kookpunt. Voeg ertjies by en laat deurwarm word. Die mengsel moenie weer kook nie. Laat effens afkoel en verpulp in derdes in ‘n versapper. Giet deur ‘n sif in ‘n skoon kastrol. Voeg die room en heuning by en verhit tot kookpunt, proe en geur met sout en rooipeper na smaak. Indien sop effens dik is, kan dit met ‘n klein bietjie ekstra tee of room verdun word. Skep in warm sopbakkies, skep so ‘n lepel van die koue appelkoospuree daarop en sit voor met lekker brood.