sk1010tamatie5
Resepte

Julie & Julia bruschetta

(4 porsies)

  • 90 ml olyfolie
  • 4 groot rosa-tamaties, in blokke gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol vars basiliekruid, grofgebreek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 snye ciabatta-brood, gehalveer

Meng 30 ml van die olyfolie met die tamaties, knoffel en basiliekruid. Geur met sout en peper. Verhit res van olyfolie. Braai die snye brood weerskante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Skep tamaties bo-op en geniet nes Julie se man!