Resepte

Kaas-strooitjies (V)

(25 kaas-strooitjies)

  • 2 x 400 g-velle blaardeeg
  • 100 g pecorinokaas, fyngerasper
  • 1 eier, geklits
  • 100 g sterk cheddarkaas, fyngerasper
  • 5 ml paprika

Plaas een vel blaardeeg op jou werkoppervlak. Sprinkel die pecorinokaas oor en plaas die tweede vel blaardeeg bo-op. Druk die deeg met jou hande teen mekaar vas. Gebruik ’n koekroller en rol die deeg die helfte groter uit as wat dit is. Sny nou die deeg in stroke (jy kan dit so groot sny soos jy verkies). Ek sny my stroke so 2 cm x 20 cm. Verf die strooitjies met die geklitste eier. Sprinkel eers die cheddarkaas bo-op en dan die paprika. Draai die deeg ’n paar keer. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak in ’n warm oond teen 200 °C vir 20 minute. Laat eers effens afkoel op die bakplaat.

Barbara sê
Jy kan kaasstrooitjies minstens ’n week lank in ’n lugdigte houer hou. Dis heerlik saam met ’n kaasbord.