Resepte

Kaas-uie-tert

(6 porsies)

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • olyfolie
  • 5 rooi-uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 100 g fetakaas, in blokke gesny
  • 1 camembertkaas, in blokke gesny
  • 100 g chevinkaas (1 rolletjie), in skywe gesny
  • vars gemaalde swartpeper
  • hand vol vars basiliekruid, gebreek
  • 10 swartolywe, verkieslik ontpit

Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Verf die deeg met geklitste eier. Plaas die deeg in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 30 minute tot mooi bros en bruin. Verhit intussen ’n klein bietjie olyfolie in ’n pan en braai die gesnyde uie tot mooi bruin. Dit duur ongeveer 20-25 minute. Wanneer die deeg gaar is, haal uit die oond en plaas die uie bo-op. Verlaag die temperatuur van die oond tot 180 °C. Rangskik die drie verskillende kase op die uie en voeg die olywe by. Geur met swartpeper en sprinkel die basiliekruid oor. Gooi nou nog ’n klein bietjie olyfolie oor en plaas terug in die oond. Bak die tert vir 20 minute tot die kaas gesmelt is. Sit warm of teen kamertemperatuur voor. As die 3 kase vir jou te ryk is, gebruik net die fetakaas.