Resepte

Kaasbordpiekniek

Probeer om ’n verskeidenheid van kase op jou kaasbord te hê.
Van ’n harde kaas (soos ’n goeie cheddarkaas) tot ’n sagte, romerige kaas (soos ’n bokmelkkaas). Ander sagte kase wat ’n moet is, is ’n camembert- en ’n brie-kaas. Daarby dalk ook ’n kaas gegeur met vrugte, soos bosbessies. ’n Bloukaas rond ook altyd ’n kaasbord af. Daarmee saam kan jy vars vrugte of ingelegde groenvye voorsit.