sr1009bistro8
Resepte

Kaasburger en tjips

(4 – 6 burgers)

  • 600 g maalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • hand vol vars koljanderblare, gekap
  • 1 eier
  • 15 ml fyn koljander
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30 ml olyfolie
  • 6 broodrolletjies, in die helfte gesny
  • slaaiblare van jou keuse
  • 3 tamaties, gesny
  • 6 agurkies, in ringe gesny
  • 3 brie-kase
  • 1 sak bevrore tjips

Verhit oond tot 180 °C. Meng maalvleis met ui, knoffel, koljanderblare en eier.Voeg fyn koljander by en geur goed met sout en swartpeper. Meng goed saam. Verdeel mengsel in 6 ewe groot balle van so 110 g elk en vorm patties van sowat 1,5 cm dik. Verhit olyfolie tot warm in ‘n mediumgroot pan. Braai patties sowat 5 minute aan ‘n kant of tot bruin. Bak verder in die oond tot gaar.Verdeel slaaiblare tussen broodrolletjies, gevolg deur tamatie en agurkies. Sny briekase in die helfte deur en plaas sirkels gesnyde kant na bo op ‘n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is. Bak vir 5 minute of totdat die kaas gesmelt is. Sit gaar patties op agurkies gevolg deur kaas. Maak tjips gaar volgens aanwysings op die pak en sit voor saam met warm burgers.

  • http://ftqgvzkozges.com/ rzqtdwp

    1OA7A7 dpxdtkquybvc, [url=http://whxxyroojxck.com/]whxxyroojxck[/url], [link=http://nqbrlvifemlx.com/]nqbrlvifemlx[/link], http://grqkphhulawx.com/